Skip to main content

Hierdie is een van die pragtigste paartjies wat ek nog gefotografeer het. Aliza & Emile is so verlief hulle blom en was pragtige modelle. Hier is ‘n paar van die fotos tydens hulle troudag. Geniet.

One Comment

  • Johan says:

    Hi Johan

    Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir jou baie dankie te sê vir die uitstekende werk wat jy met ons troudag fotos en dvd produksie gedoen het! Die finale produk het ons grootste verwagtinge oortref. Ek kan myself nie help om oor en oor daarna te kyk nie!

    Jy, Anneri en Loren was so vriendelik en‘n plesier om mee saam te werk. Julle het ons so op ons gemak laat voel tydens die fotosessies!

    Jy het regtig die essensie van ons troudag op jou fotos en film vasgevang! Elke keer as ons die storieboek deurblaai of die dvd kyk, voel dit asof dit weer ons troudag is!

    Ons het al so baie komplimente gekry by vriende en familie wat die fotos gesien het. Almal is sprakeloos oor die kwaliteit en kreatiwiteit van jou werk.

    O ja, en ook die feit dat ek al my fotos, storieboek en dvd gekry het net nadat ons van wittebrood gekom het is puik!

    Weereens dankie vir fotos wat ons ‘n leeftyd sal geniet en waardeer.

    Vriendelike Groete,

Leave a Reply